Tyd staan defnitief nie stil nie. Ons kan dit in die alle daagse lewe waarneem, waar daar aanmekaar nuwe tegnologiese toestelle en nuwe implimente op die mark verskyn. Nadat ek die artikel "Digital Pedagogy Unplugged" gelees het, wat geskryf is deur Paul Fyfe, het ek gewonder wat my oumagrootjie se mening sou gewees het, oor hoe onderwysers al hoe meer gebruik maak van tegnologie om hulle werk te vergemaklik. In haar dae het hulle skaars elektrisiteit gehad maar om terug te kom na die artikel, wat gaan oor verskillende menings en voorbeelde of tegnologie gebruik moet word as 'n onderrig metode.
Daar is voordele en nadele verbonde daaraan. Van die voordele is dat onderwysers viniger hulle lesse kan uitwerk deur bv 'n 'power point' gebruik te maak, as waar hulle dit moes uitgeskryf het. As onderwysers inligting soek oor 'n onderwerp kan dit baie vinnig opgespoor word. Die leerders let meer op en is meer entoesiaties as hulle na digitale prentjies en video's kan kyk, as om op 'n vaal papier te kyk. Die nadele verbonde aan tegnologie is, dit is nie vertroubaar altyd nie. As Eskom besluit hulle wil weer uniek wees met "load shedding", sit jy met 'n mond vol tande as jy nie 'n "back up" plan het nie. Nog 'n groot nadeel is jy bou nie goeie verhoudinge op met jou leerders nie en jy leer hulle anti-sosiale gedrag, waar hulle terug getrokke kan raak. Om meer in diepte gesprekke te voer oor 'n onderwerp en gedagtes te deel met mekaar, is partykeer baie meer voordelig, as om na 'n goeie powerpoint te kyk.
'n Gedeelte van die artikel raak aan die punt dat rekenaars en tegnologie binne 'n klaskamer verwyder moet word, sodat pedagogie beter uitgevoer sal word. Daar sal dan meer interaksie tussen leerders en opvoeders plaasvind, maar na klastye kan tegnologie gebruik word, om meer te leer oor onderwerpe en om vinnig jou kennis te verbreed. Op die manier sal pedagogie die pioriteit gedurende klastyd wees en nie die tegnologie nie, wat ek dink 'n baie goeie voorbeeld is van hoe dit gedoen moet word.
Tegnologie gaan al hoe meer 'n faktor word in ons lewens. Ons sal gereeld moet aanpas en gewillig wees vir verandering. Wat belangrik is, ons sal die regte balans moet kry tussen tegnologiese opvoeding en nie-tegnologiese opvoeding, sodat die leerders hulle volle potensiaal kan bereik.
No comments:
Post a Comment