Kan digitale pedagogie (klem op die tegnologiese aspek), in alle skole produktief gebruik word? Brian Croxall en Adeline Koh definiëer digitale pedagogie as volg; dis elektroniese elemente/toestelle wat gebruik word om die ervaring van onderwys te verbeter of te verander. In die artikel word daar duidelik gefokus dat digitale pedagogie is opvoeding wat deur middel van die internet plaasvind en meer gebruik maak van tegnologie as onderrig styl.
Na afloop van die 'video' wat ons in die klas gekyk het, wat gegaan het oor opvoeding van leerders in 'n minderbevoorregte skool, wat finansieël swaar kry, het ek besef dat digitale pedagogie nie produktief by hierdie skool toegepas kan word nie. Hulle het nie die finansies om die toestelle aan te koop nie. Die regering sal finansieël moet help en kyk dat dit reg toegepas sal word, om te verseker dat so 'n skool digitale pedagogie kan ervaar. Die skool se resultate is nie baie goed nie, dit kan dalk wees omdat hulle 'n gebrek aan tegnologie tydens hulle opvoeding het of oor die omstandighede waarin hulle, hulself bevind.
Die ander vraag is, word die gebrek aan tegnologie in sulke skole as verskoning gebruik hoekom die leerders nie kan presteer nie? As die regering nie finansiëel kan help nie, kan die skole nie ander oplossings maak deur lokale beskikbaar te stel vir na-ure studies of rekenaar lokale op te rig nie, sodat elke leerder kan gebruik maak van die internet om te studeer.
Word daar nie al hoe meer 'n wanindruk geskep, dat tegnologie die alfa en omega is, as dit by opvoeding kom nie?
Ek dink goeie, hardwerkende onderwysers en skoolbestuurspanne kan maniere vind, om leerders te motiveer om te presteer, sonder die gebruik van moderne tegnologie. Die ideale omgewing sal seker nogsteeds wees waar daar 'n goeie balans tussen onderwyser en leerder (persoonlike aandag) en tegnologie en leerder is.
So dit hang af van die skool se omstandighede en of hulle digitale pedagogie produktief kan toepas. Daar waar 'n gebrek aan digitale pedagogie is, moet skole probeer uitreik en borge soek, as die regering nie finansiëel wil help nie. Skole moet net besef dis nie die einde van die wêreld as hulle nie die moderne tegnologie tot hulle beskikking het nie. Ons voorouers en ouers het goed reg gekom en gevorder in die samelewing sonder moderne tegnologiese onderrig. Dis gewoontlik die omstandighede wat die leerders se agteruitgang is en hulle skole kan probeer meer moeite doen om dit te probeer verander, deur na-ure klaskamers beskikbaar te stel vir leerders om te studeer ens.
Dishoekom kan daar nie orals digitale pedagogie toe gepas kan word nie, maar dit sal ideaal wees as elke skool die soort onderrigstyl kan toepas.
No comments:
Post a Comment