‘n Paar jaar gelede toe ek nog ‘n skoolleerder was, was daar sekere klasse wat altyd vir my gevoel het die tyd staan stil. Die klasse het altyd gevoel of dit verewig vat om verby te kom. Dan is daar weer ander klasse wat vinnig verby gevlieg het en dit het my laat wonder hoekom?
Een van die hoof redes hoekom dit so voel, is agv die onderwyser wat die klas aanbied. Die klasse wat meestal gevoel het of dit verby vlieg, is juis die klasse waar die deelname van die leerders (interaksie) meer teenwoordig was tydens die les. Die onderwyser het voorsien daar daar gereeld interaksie tussen leerders is en tussen leerders en onderwyser en dit veroorsaak dat die tyd gevlieg het.
Wanneer leerders voel die tyd vlieg tydens ‘n klas, dan kan jy as onnie tevrede voel oor jou les, want dit kan as ‘n indikasie gebruik word, dat jy ‘n goeie les aangebied het. Ek gaan so paar redes bespreek hoekom ek dink leerders moet deelneem in ‘n klaskamer of tydens ‘n les.
Eerstens om deelname van leerders te kry moet jy ‘n positiewe omgewing skep in jou klaskamer, sodat hulle nie voel hulle vra ooit ‘n ‘stupid’ vraag nie. Dat hulle nie afgebreek sal word nie, maar net kan leer as hulle vrae vra. Respekteer elke leerder en toon jy stel belang in elkeen. Dis maar net ‘n paar van vele maniere hoe jy leerders sal kan kry om deel te neem aan klasgesprekke en terugvoerings.
Een van die hoof redes hoekom deelname belangrik is, dit skep ‘n werks-omgewing in jou klaskamer wat leerders bemoedig om te leer en dit voorkom dat ‘n leerder jou klaskamer sal ontwrig. Een van die groot uitdagings wat onnies ervaar, is om disipline te handhaaf en die deelname van leerders gedurende klastye help om te verseker dat daar nie tyd is vir ‘n leerder om jou klas te ontwrig nie. As jy jou aktiwiteite aantreklik “engaging” hou, sal jy geen wangedrag ervaar tydens jou klastye nie.
As jy as onnie die heeltyd net praat voor in die klas, gaan leerders veral sukkel om op te let en dis sulke klasse wat voel of die tyd stil staan. Daarom help deelname om hulle weer te laat fokus, want dit help om ‘n ander persoon se stem te hoor of ‘n antwoord op ‘n vraag, sodat hulle weer kan fokus.
Goeie vrae kan hulle laat wonder en aan die dink kry, wat help om hulle kennis en denkwyses te verbeter. Deurdat hulle die vrae beantwoord kan jy as onnie sien hoe goed hulle die werk verstaan en kan jy hulle help met sekere gedeeltes wat hulle nie verstaan nie.
Deur vrae te vra let die leerders op dat hulle gereeld moet terugvoering gee en dit kan hulle motiveer om voorbereid klas toe te kom. Deelname kan leerders se praatvaardighede verbeter, want hulle kry oefening om te praat voor ander leerders en dit help om hulle selfvertroue te verbeter.
Na al die bogenoemde redes, besef mens net hoe belangrik deelname in klastye is en dat dit meer positief vir beide onderwyser en leerder is. Dit sal help dat leerders hulle volle potensiaal kan bereik. Daarom moet jy as onderwyser elke dag probeer om jou leerders betrokke te kry en laat deelneem, sodat jy nooit hoef te sien dat leerders aanmekaar na die horlosie kyk nie.