Tuesday, 1 March 2016

Kan tegnologie wetenskaplike onderwysers se lewe vergemaklik?

Baie onderwysers is gestremd as dit by tegnologie kom, of dink die leerders weet alklaar te veel van al die sosiale media, en dat hulle hulself in die verleentheid gaan stel. Sosiale media (tegnologie) kan 'n uitdaging wees, maar jy kan dit vinnig onder die knie kry. As die wil daar is, is enigeiets moontlik. 

So my vraag is, kan wetenskaplike onderwysers tegnologie produktief gebruik? Ek dink hulle kan en hier is 'n paar redes hoekom ek so dink:

Eerstens, vir baie onderwysers voel dit onveilig om gebruik te maak van sosiale media, want miskien uit ervaring uit, weet hulle wat gesĂȘ word op die media en hoe afbrekend dit kan wees, maar deesdae is daar nuwe maniere en bronne wat nie 'n gevaar inhou nie. Een van die hulpmiddels wat die lewe vir beide die onderwyser en leerders sal vergemaklik is "Remind". Dit is 'n baie nuttige hulpmiddel vir onderwysers om te kommunikeer met leerders deur selfone. Dit is 'n baie betroubare hulpmiddel, want die onderwyser gebruik dit as 'n een-rigting kommunikasie met die leerders. Sy/hy kan dan die leerders herhinner aan huiswerk, opdragte of toetse en daar sal geen negatiewe goed kan plaasvind nie. Aangesien my leergebiede Natuurwetenskappe en Lewenswetenskappe is sal “Remind” baie handig kom, bv. iets wat ek vergeet het om in die klas te noem, deur te gee of as hulle iets moet saam bring vir 'n eksperiment ens.

Die volgende tegnologiese hulpmiddel wat die lewe vir die wetenskaplike onderwyser baie kan help, is die "Student response (Clickers)". Van ons studente het al daarmee kennis gemaak. Dit is ‘n baie handige hulpmiddel om vinnig agter te kom, wat die studente weet van die werk. Jy kan nie onderrig gee, as jy nie weet wat die leerders se voorkennis is nie. Deur die hulpmiddel kan jy dit vinnig toets, deur vinnig ‘n paar vrae op te stel. Nadat jy werk behandel het, kan jy ook vrae vra op die sisteem en die leerders beantwoord dit sommer dadelik op hulle selfone. Dan kan jy presies sien wie opgelet het en of hulle die werk verstaan.

Twitter en Instagram is baie nuttige hulpmiddels, wat jy as onderwyser kan gebruik om met jou leerders te kommunikeer. Jy as onderwyser kan ‘links’ op twitter deel wat handel oor sekere werk, en die leerders wat nog nie die werk verstaan nie, kan dit dan gebruik om duidelikheid te kry. Twitter kan ‘n hulpmiddel wees waar leerders maklik vrae kan vra oor iets wat hulle nie verstaan nie en dan kan jy as onderwyser daarop reageer.

Hierdie bogenoemde tegnologiese hulpmiddels kan die lewe van ‘n wetenskaplike onderwyser baie help, om sy/haar werk te vergemaklik, as hy/sy net bereidwillig sal wees om gebruik te maak van die hulpmiddels. As dit nie uitwerk nie, kan dit net verwyder word en weer ander metodes vind, om te gebruik. Jy as onderwyser het niks om te verloor nie. Dit mag dalk ‘n groot sukses verhaal wees en die leerders se punte verhoog, want dit is tog na wat jy as onderwyser en leerder streef om te doen.

No comments:

Post a Comment